Alison Botha wys weer sy is nie ‘n slagoffer van omstandighede nie en dat sy uit elke situasie opstaan. Sy het op 19 November ‘n terugslag na ‘n brein-aneurisme gehad, maar wys met ‘n foto sy staan nou regop.
Die Alison-span het die nuus gedeel dat sy gemotiveerd en positief besig is met rehabilitasie en danksy individue se vrygewige donasies deskundige mediese sorg kan ontvang. Sy werk hard en haar vordering word geprys.
Haar span sê Botha se gemoed is gelig dat sy nie oor die mediese rekeninge bekommerd hoef te wees nie. Sy is ook tot beterskap aangemoedig deur gebed en wense wat sy ontvang.
“For 30 years, my goal has been to share my story to encourage others. Now, facing this life-threatening event, I’ve felt your encouragement and care flooding back from you. Words can’t express my gratitude to all of you. It is quite overwhelming!”
Die Alison-span sê haar vordering met fisio- en arbeidsterapie is te danke aan haar innerlike krag, waarvoor sy so bekend is. Daar word steeds geglo dat Alison danksy professionele hulp ten volle sal herstel. Haar finansiële donateurs word spesiaal bedank.
“Alison’s progress in expert hands has been made possible by the generosity of all those who have contributed to her medical fund. Your generosity has allowed Alison to focus solely on her recovery without worrying about costs. Continued support will ensure she receives all necessary care in the clinic and ongoing support and therapy as an outpatient, facilitating her return to normal life. Together, we are making a difference. Thank you for your unwavering support and generosity. With heartfelt gratitude, Team Alison.”





