Alison na terugslag wéér in hospitaal

Lees ook :

Foto: Alison Botha Facebook-blad

WES-KAAP. – Alison Botha (57) se toestand het twee weke gelede so verbeter dat sy van die hospitaal na ‘n private rehabilitasiesentrum oorgeplaas is. Sy het egter ‘n terugslag beleef en is weer in ‘n hospitaal opgeneem.

Volgens ‘n sosialemediaplasing is sy na ‘n onverwagse terugslag per ambulans na ‘n groter openbare hospitaal vervoer waar toerusting is om deur ‘n skandering vas te stel wat fout is.

Alison is volgens die plasing ten spyte van haar werklike toestand en vrees vir die onbekende toegewyd om beter te word.

Sy is in 1994 aangeval en vir dood gelaat, maar het teruggeveg om haar lewe voort te sit. Sy het onlangs weens ‘n brein-aneurisme in ‘n hospitaal beland, waarna sy stadig maar seker gevorder het totdat sy weer kon kommunikeer en na ‘n rehabilitasiefasiliteit oorgeplaas is.

Donasies word steeds vir Alison se mediese kostes gevra. Besoek Alison se Facebook-blad vir meer besonderhede.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief