GAUTENG. – Bafana Mahungela (23), wat teregstaan weens die moord op Kirsten Kluyts van die Hoërskool Delta Park, het Dinsdag sy eie getuienis in die Johannesburg-hooggeregshof gelewer. Hy het die hof sy weergawe gegee van die gebeure wat volgens hom op 29 Oktober 2023 in Sandton afgespeel het.
Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die saak is tot 22 Julie uitgestel. Die staat sal na verwagting dan met Mahungela se kruisondervraging begin. Mahungela staan tereg op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en poging tot verkragting. Die NVG sê hy sal voortgaan om alle toepaslike getuienis aan die hof voor te lê sodat die hof ‘n billike beslissing kan neem.





