Leeroy kom weer nader.
“Bra ons daai toppie gaan elke aand biduur toe. Jy ken die huis. So ons gaan in klap daai zak en ons is wee uit sonder dat iemand iets weet.”
Leeroy lek weer sy lippe.
“Angelo gaan scout en iets happen dan kap hy ons aan net soos laas keer.
Leeroy grinnik.
“Easy job.”
Wilson vou sy arms en staan nader.
“Nou wanneer doen ons dit?”
“Vanaand.”
Boeta skrik.
“Vanaand?! Nee.” Hy staan terug en dink aan ‘n verskoning.
Leeroy tik aan sy bors.
“Hey bra hoe lyk dit my jy wil nou kop uit trek.”
Boeta byt sy onderlip.
“Ek stel nie weer belang nie.”
Wilson kyk verbaas na Boeta.
“Heh pa hoe praat jy dan nou?”
Boeta maak sy keel skoon en stoot sy bors uit.
“Ek sê Ek is uit ouens.”
Daar is ‘n ongemaklike stilte. Leeroy en Angelo kyk vir Wilson.
“Neh pa. Jyt nou vrou gekry nou raak jy snaaks.” sê Wilson en kyk vir Boeta skeef aan.
Boeta is met eens spyt dat hy nie vooraf vir Wilson van sy besluit vertel het nie.
“Willa…” probeer hy.
“Ek dink net nie ons moet vir Oom Stoffel roof nie.”
“Hoekom nie?” vra Wilson.
“Ek bly daa bra. Sê nou iets gebeur dan my tannie uitgesit.”
Leeroy spring vorentoe.
“Niks gaan gebeur nie. Jy worry vir niks man.”
Skielik trek Wilson vir Boeta weg en hulle gaan staan eenkant. Wilson praat amper in ‘n fluister stem.
“Heh pa. Ek ken hoe voel jy oor die job maar ons almal nodig die zak. Veral ekke. Ek meen maar ek mos ‘n laaitie en die melk en nappies is duur bra.”
Boeta vererg homself vir Wilson wat aan homself dink. Hoe kan Wilson die hele besigheid wil regverdig.
“Hoekom kan ons nie once iemand anders roof nie?” vra Boeta in die hoop dat hulle vir oom Stoffel sal uit los.
“Want soos Leeroy gesê het is ‘n easy job bra.”
“Okay fine.” sê Boeta en kyk na Leeroy.
“Maar na die dan is ek klaar.”
Leeroy begin smile en hy lyk nou meer soos ‘n jakkals.
Later…
Boeta het sy eetlus verloor en sit en staar na sy bord kos. Titus het hoender kerrie met rys gemaak.
“Is jy orraait?” vra sy.
Boeta kyk op. Sy ma sit en hou hom dop. Brendan geniet sy kos en skop met sy voete onder die tafel.
“Ja ma.” antwoord Boeta en probeer smile maar dus teveel moeite. Hy kyk onmiddelik in sy bord en vat ‘n hal van sy kos wat hy afdwing.
“Jys baie stil vanaand.”
Boeta dink vinnig aan ‘n verskoning.
“Ek wil gou my charger by Wilson gaan haal.” sê hy en staan sommer op.
“Nou jy het dan skaars geëet.”
“Ek gaan later klaar eet.” sê hy en maak sy kos toe. Voordat Titus nog kan uitvra glip Boeta uit by die deur.
Buite neem van die vars lug in. Dis amper sewe uur en ie son het al gesaak.
Leeroy hulle gaan enige tyd opdaag. Oom Stoffel loop gewoonlik op die kop sewe uur van die huis af. Boeta moet máák dat hy voor Oom Stoffel weg wees dan ontmoet hy vir Leeroy hulle by die skool.
Die sitkamer venster agter die huis los hy gewoonlik half oop vir vars lug. Die venster het geen burglar bars op want Oom het ‘n tydjie terug die sitkamer aangebou en van suinig wees dit so gelos.
Boeta stap met die straat af en sien in die verte vir Leeroy hulle wat alreeds vir hom wag.
Net nog hierdie job sê hy vir homself.
Word vervolg.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.