GAUTENG. – Die DNS-ontleding van die oorskotte wat in Rust De Winter, naby Bela-Bela (voorheen Warmbad in Limpopo) gevind is, is positief aan Aserie Ndlovu, die vermiste joernalis van Pretoria, en Zodwa Mdhluli, sy lewensmaat, gekoppel.
Brig. Athlena Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die oorskot is aan uitgebreide toetse onderwerp. Die DNS-profiele is met verwysingstoetse van die oorledenes se biologiese familielede vergelyk. Die ooreenkoms was positief, wat bevestig dat die oorskot dié van die vermiste paartjie is.
“Die SAPD het reeds albei families in kennis gestel en is tevrede dat dit gehelp het om afsluiting vir hulle te bring,” het Mathe in ‘n verklaring gesê.
Sewe verdagtes wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, verskyn tans in die KwaMhlanga-landdroshof op verskeie aanklagte wat ontvoering, huisroof en die besit van gesteelde eiendom insluit.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





