Een dood en 20 beseer in rotsstorting by goudmyn

Lees ook :

Foto: Raadslid Keke Merafong-munisipaliteit

GAUTENG. – Nadat daar vanoggend, omstreeks 09:25 ‘n aardskudding in die gebied van Carletonville was, het ‘n rotsstorting kort daarna by die Blyvoor-goudmyn plaasgevind. Een persoon is dood en 20 is beseer.

Volcano Discovery het om 09:25 en weer om 09:38 ‘n aardskudding in die gebied aangeteken.

Raadslid Keke van Merafong-munisipaliteit het ‘n dringende versoek op sosiale media aan diegene wat geliefdes het wat in die myn werk, gerig, om met hulle in kontak te kom en seker te maak of hulle veilig is.

“Ek is deur ‘n betroubare bron ingelig dat daar ‘n grondstorting @ die skag by Blyvoor Goudmyn was. Ek moedig enigiemand met meer inligting sterk aan om dit by die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie (DMRE) of vakbonde soos NUM of AMCU aan te meld.”

Volgens Carletonville Herald het ‘n persoon gesterf en twintig is beseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief