FWL – kaptein in hof oor Armand Swart-moordsaak

Lees ook :

Foto: Community Support Forum

GAUTENG. – Kapt. Itumeleng Laurence Makgotloe (54) van die polisie se forensiese wetenskap laboratorium (FWL), wat bemoeid was met die moordondersoek van Armand Swart, het vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Hy staan op aanklagte van regsverydeling, hulpverlening ná die moord, asook die onwettige besit van ammunisie tereg. As gevolg hiervan kan 30 geweldsmisdaadsake nou deur die polisie afgehandel word.

Volgens NVG-woordvoerder, Lumka Mahanjana, is Swart op 17 April 2024 buite sy werkplek by Q-Tech Engineering Company in Vereeniging in sy voertuig doodgeskiet. Twee verdagtes is kort ná die voorval in hegtenis geneem en ‘n vuurwapen is in verband met die moord in beslag geneem. Die vuurwapen en ammunisie is vir ballistiese ondersoek aan Makgotloe oorhandig. Dit word egter beweer dat hy onakkurate verslae ingedien het, die dokumentasie geneem het sonder om dit terug te besorg en ook die vuurwapen en ammunisie verwyder het om verdere forensiese ondersoek te verhinder.

In Februarie 2026 het Makgotloe voor die Madlanga-kommissie oor die moord getuig. Ná verdere ondersoek is hy Sondag by sy woning in hegtenis geneem. Die saak is vir ‘n borgaansoek tot 2 Junie uitgestel.

Brig. Athlenda Mathe het aan eNCA bevestig vuurwapens is positief aan 30 sake verbind nadat ondersoekers ‘n tweede mening oor die vuurwapenontleding gevra het. Sy sê voorts op grond daarvan kan die sake van onder meer DJ Somebody en sy twee lyfwagte, asook sake van Armand Swart, Don Tindleni, DJ Vintos Joe Sibanyoni en DJ Vetty nou opgelos word. Die vuurwapens is ook in Amanzimtoti en die Oos-Kaap ontleed waar almal tot dieselfde gevolgtrekking gekom het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief