Kanselier van SPU aangestel in konstitusionele hof

Lees ook :

KIMBERLEY. – Die kanselier van die Sol Plaatje-universiteit is deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel om in die konstitusionele hof te dien.

Hy is aangestel om een van die twee vakante poste te vul, na regters Dikgang Moseneke en Bess Nkabinde uitgetree het.

Zukisa Tshiqi is in die ander vakante pos aangestel. Hulle sal op 1 Oktober 2019 hulle nuwe poste inneem.

Meer oor regter Majiedt

Kashini Maistry, hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking, sê regter Majiedt het BA en LL.B.-grade aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. “Hy was ’n advokaat vanaf 1984 tot 1996. In 1997 is hy aangestel as die hoof provinsiale regsadviseur vir die Noord-Kaapse provinsiale regering. Hy het hierdie pos tot 1999 beklee.

“In 2000 is hy aangestel as waarnemende regter van die Noord-Kaapse hooggeregshof en is later daardie jaar permanent op die bank van die Noord-Kaapse hooggeregshof aangestel. In 2010 het hy sy pos op die bank van die hoogste hof van appèl (SCA) ingeneem. Hy het ook vanaf Februarie 2014 tot Mei 2014 by die konsitusionele hof opgetree,” aldus Maistry. “Hy dien sedert April 2016 as die kanselier van die Sol Plaatje-universiteit.

Werksetiek

Die waarnemende regterpresident Mandisa Maya, van die SCA, het regter Majiedt geprys vir sy werksetiek en gesê hy was een van die hardwerkendste regters by die SCA.

President

“President Ramaphosa het sy vertroue in die aanstelling van regter Majiedt uitgespreek en gesê dat hy saam met regter Tshiqi die regspraak by die hoogste hof sal verryk.’”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief