Kêrel van ‘vermoorde’ vrou dood gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die kêrel van Puseletso Paulinah Motsima (44), wie se liggaam glo Maandag in ‘n plas bloed in haar huis in Tshiame B naby Harrismith ontdek is, is gister omstreeks 17:35 gevind waar dit aan ‘n boomtak by ‘n Harrismith-fabriekswerf gehang het.

AO Mmako Mophiring sê gemene spel word nie vermoed nie. Die oorledene het glo geen sigbare beserings gehad nie.

Mophiring sê daar is vasgestel die oorledene was die kêrel van Motsima wat na bewering vermoor is. ‘n Moordsaak word deur die polisie ondersoek.

Na bewering het haar broer haar gaan soek en die polisie by haar huis aangetref. Hulle het haar dood gekry na toegang tot die huis verkry is deur ‘n deur oop te breek. Haar gesig was glo geswel. Sy is na bewering erg aangerand, waarna sy sonder hulp gelos is. Mophiring sê Motsima het glo saam met haar kêrel gewoon wat in daardie stadium nêrens te vinde was nie.

Die naam van die oorlede kêrel kan eers vrygestel word wanneer sy naasbestaandes sy liggaam positief geïdentifiseer het. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief