KYK: Appel stel kortspeler ‘Genesis’ vry

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Appel, die bekroonde sanger en liedjieskrywer, het sy splinternuwe vyfsnit-kortspeler, Genesis, op alle digitale stroomdienste vrygestel. Twee snitte, Die Boer Hier Binne My en Sterre, is reeds in Augustus bekendgestel en het groot aandag getrek.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die titelsnit, Genesis, verwoord Appel se geloofsreis, terwyl Sterre terugvoer na sy vroeë liefdesverhaal met sy vrou. Die Boer Hier Binne My is geïnspireer deur gesprekke met boere en werkers in die land, met verwysing na Lukas 10:2.

Die fokussnit, Alice, bring ’n 80’s rock-inspirasie en word beskryf as die “swartskaap” van die projek. Die musiekvideo, verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, neem kykers terug na nostalgiese skooldae. Die kortspeler sluit af met Lemoenkloof, ’n rigtingwyser-lied vir sy kind, geskryf ná ’n besoek aan die Paarl.

Met Genesis bied Appel ’n mengsel van geloof, liefde, inspirasie en nostalgie. Die kortspeler is nou beskikbaar op platforms soos Apple Music, Spotify en Deezer.

Druk hier om na die kortspeler te luister.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief