Laerskool Diazville herdenk Joshlin Smith se verdwyning 2 j. gelede

Lees ook :

Foto: Laerskool Diazville

WES-KAAP. – Dit is reeds twee jaar vandat Joshlin Smith vermis geraak het. Laerskool Diazville in Saldanha het Donderdag haar geëer deur in graadgroepe haar naam te vorm en ’n oomblik van stilte te handhaaf. Personeel het groen gedra as simbool van hoop.

Die graad 3-leerlinge, die graad waarin Joshlin hierdie jaar sou wees, het ook ballonne in die lug losgelaat as ’n teken van liefde en hoop vir Joshlin se veilige terugkeer. Die skoolgemeenskap sê hulle glo steeds dat sy nie vergeet is nie en hou vas aan geloof en hoop dat sy eendag weer huis toe sal kom.

Kol. Andrè Traut, sê aan Nuusflits alle inligting en leidrade wat deur speurders ontvang word, word deeglik gevolg in die poging om Joshlin op te spoor. Die ondersoek duur voort totdat die polisie ’n betekenisvolle gevolgtrekking kan maak. Die gemeenskap word versoek om enige relevante inligting aan die polisie beskikbaar te stel om die soektog te ondersteun.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief