KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, het Sondagaand in ‘n swempad in Flamingostraat in Yellow Wood Park, verdrink.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics het bevestig dat hulle net na 19:30 vir hulp ontbied is. By die aankoms van paramedici was die SAPD reeds op die toneel. Die man, wat nie gereageer het nie, is in die swembadarea aangetref en geassesseer, maar daar is bevestig dat hy reeds oorlede is.
“Paramedici is ingelig dat die man geswem het toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het. SAPD sal hierdie voorval verder ondersoek.”