Mosambieker vir ‘openbare geweld’ by grenspos gearresteer

Lees ook :

Foto: Google Maps

MPUMALANGA. – ‘n Mosambiekse burger (49) is Woensdagmiddag vir openbare geweld by die Lebombo-grenspos gearresteer.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die verdagte het sy taxi voor die hek by die grenspos parkeer.

“Toe die polisie hom berispe, het hy homself na bewering in sy taxi toegesluit.”

Die verdagte is glo deur ander landsburgers ondersteun. Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om die wanordelike skare uitmekaar te jaag.

“Geen beserings is aangemeld nie.”

Nkosi sê die taxibestuurder is op aanklag van openbare geweld gearresteer. Die situasie is onder beheer gebring en geen verdere insidente is daarna aangemeld nie.

“Die polisie monitor die situasie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief