Sewe beweerde kinder-oortreders verskyn in hof

Lees ook :

Foto: Brig. Athlenda Mathe X

GAUTENG. – Sewe beweerde kinder-oortreders het Donderdag ‘n eerste verskyning in die Kinderhof in Johannesburg gemaak. Die saak spruit voort uit ’n voorval op 10 Mei in Yeoville, waar ’n 14-jarige klaagster na bewering ná ‘n woordewisseling deur die groep vermeende oortreders aangerand is.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê die landdros het gelas dat die saak tot 1 Julie 2025 uitgestel word om voorsiening te maak vir die toekenning van fondse vir die uitvoering van sielkundige assesserings om misdadige kapasiteit te bepaal. Hierdie assesserings vorm deel van ‘n voorlopige ondersoek ingevolge die kinderjustisiewet. Die doel van die assesserings is om te bepaal of die kinders tussen reg en verkeerd kan onderskei (toerekeningsvatbaarheid) – ’n belangrike vereiste ingevolge artikel 11 van die wet om strafregtelike aanspreeklikheid vas te stel vir kinders wat ouer as 10, maar jonger as 14 jaar is.

“Die NVG is daartoe verbind om die oppergesag van die reg te handhaaf, terwyl daar terselfdertyd verseker word dat sake wat kinder-oortreders betrek, met die nodige sorg ingevolge die kinderjustisiewet hanteer word,” sê Mjonondwane.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief