Veldbrand steek drie huise aan die brand

Lees ook :

Foto: Apiesrivier BBV

GAUTENG. – ‘n Veldbrand in Bosbokstraat in Waterwal op die Wallmansthalpad, noord van Pretoria, het gister drie huise in sy pad aan die brand laat raak.

Apiesrivier Landelike Brandbeskermingsvereniging (BBV/FPA) sê die brand in Bosbokstraat is omstreeks 14:30 gerapporteer. Rolspelers is geaktiveer, waarna die eerste huis wat aan die brand geslaan het, grootliks gered kon word.

Omstreeks 15:15 het die tweede huis se dak begin brand. Dit was glou in vlamme gehul en het heeltemal afgebrand.

Die derde huis se vlamme is vinnig geblus.

Om 18:40 het die brandweer, asook Sinoville- en Apiesrivier-BBV, van die brandtoneel onttrek.

Geen persoon is beseer nie, maar twee honde en ‘n papegaai is dood in die brand. Twee voertuie kon betyds weggeneem word.

Apiesrivier-BBV het almal wat gehelp het, bedank en die volgende raad gedeel: Wanneer dit brand, bel die Apiesrivier BBV by 084 952 2882 of die City of Tshwane-brandweer by 107. Moenie WhatsApps op groepe rondstuur nie, dit mors tyd.

Wanneer jy vir hulp bel, gee die volgende inligting: die tipe brand, kleinhoewenommer, straatnaam, die area of woonbuurt en die naaste padkruising. Maak seker brandbane is in plek, verminder plantegroei om die huis en moenie vuilgoedhope aan die brand steek nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief