9 polisiebeamptes oor Medicare 24-tender geskors

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die polisie het nege polisiebeamptes wat op die tender-evaluasiekomitee gedien het in verband met die Medicare 24-tenderproses geskors.

Brig. Athlenda Mathe het bevestig dat die betrokke beamptes geskors is terwyl dissiplinêre en verwante ondersoeke afgehandel word. Sy sê die polisie bly verbind tot die hoogste standaarde van integriteit, deursigtigheid en etiese gedrag in al sy bedrywighede.

Mathe sê aangesien die saak deel uitmaak van ‘n voortgaande proses, sal die polisiediens nie verder in dié stadium kommentaar lewer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief