Sowat 30 000 mense in Los Angeles ontruim oor brande

Lees ook :

30 000 mense ontruim in Los Angeles oor brande fotokrediet: Canva

Lees ook: Tibet-aardbewing eis 95 lewens

LOS ANGELES. – Sowat 30 000 mense moes uit hulle huise ontruim word na brande in Los Angeles uitgebreek het.

Sterk winde laat die brande vinnig versprei. Verskeie huise in die Pacific Palisades-gebied, waar baie bekendes woon, is reeds vernietig. ‘n Noodtoestand is Dinsdag deur die goewerneur van Kalifornië ingestel sodat brandbestryders meer effektief teen die vlamme kan veg.

Die windstorm wat tans die brande vererger, is voorspel om vir dae aan te hou en is die sterkste wat Suid-Kalifornië in meer as ’n dekade getref het.

Bronne: The Mirror, BBC, ABC News

Lees ook: Tibet-aardbewing eis 95 lewens

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief