NOORDWES. – Die saak teen twee verdagtes wat vir die moord op ‘n bejaarde egpaar teregstaan, is vir borgtogaansoek tot 2 Julie in die Rustenburg-landdroshof uitgestel.
George (69) en Wilma Koster (66) is Saterdagmiddag in die parkeerterrein van die Platinum Square-winkelkompleks in Rustenburg doodgeskiet.
Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die hof het beveel dat die name van die beskuldigdes nie bekend gemaak mag word nie.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





