Seun verskyn in hof vir opsny van bejaarde ma se liggaam

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Lesiba David Ledwaba Sebora (45) het op ‘n aanklag van moord ná die grusame dood van sy ma (87) in die Seshego-landdroshof verskyn. Liggaamsdele van die oorledene is tydens ‘n welstandsbesoek deur die polisie in plastiekemmers aangetref.

Mashudu Malabi-Dzhangi, die NVG se provinsiale woordvoerder, sê na bewering het die beskuldigde Woensdag sy ma vermoor en haar liggaam in dele gesny. Bure wat die bejaarde vrou vir meer as twee dae nie gesien het nie, het haar as vermis aangemeld. Die polisie het Saterdag die oorledene se woning besoek en haar liggaamsdele in plastiekemmers aangetref. Voorwerpe wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is, is ook op die toneel gevind. Die beskuldigde is kort daarna in hegtenis geneem.

Die saak is vir ‘n borgtogaansoek tot 9 Julie uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief