GAUTENG. – Tiffany Nicole Meek (31), die ma van Jayden Lee Meek (11), het Maandag op onder meer aanklagte van moord, regsverydeling en crimen injuria in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Die saak is vir borgtoginligting tot 18 Julie uitgestel.
Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Meek het Donderdag haar eerste hofverskyning gemaak. Die oorledene is op 13 Mei as vermis aangemeld. Die volgende oggend is sy liggaam deur ’n veiligheidswag by Fleurhof in ’n gang gevind. Volgens die ondersoek is hy na bewering ná skool huis toe en is vermoedelik in die huis doodgemaak. Sy ma word daarvan verdink dat sy probeer het om die toneel te manipuleer om die owerhede te mislei.
Meek bly tot in aanhouding tot haar volgende hofverskyning.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





