Meer as 60 mense dood ná winkelsentrum in Irak brand

Lees ook :

61 mense oorlede nadat winkelsentrum in Irak aan die brand raak fotokrediet: X

IRAK. – 61 mense is oorlede ná ’n brand gister by ’n winkelsentrum in Irak uitgebreek het.

Lees ook: KYK: Toeriste ná vulkaniese uitbarsting in Ysland ontruim

Irakse owerhede het vandag bevestig heelwat van die 61 mense wat dood is, het versmoor. Reddingspanne kon meer as 45 mense red wat in die nuwe gebou vasgekeer was.

Volgens die staatsbestuurde Irakse nuusagentskap is daar nog mense vermis.

Die provinsiale goewerneur, Mohammed al-Mayyeh, het drie dae van rou aangekondig en het gesê die oorsaak van die brand word ondersoek. Hy het gesê regstappe is teen die eienaar van die gebou en die eienaar van die winkelsentrum geneem.

Die uitslag van die voorlopige ondersoek sal binne 48 uur vrygestel word.

Bronne: The Independent, BBC, CBS News

Lees ook: KYK: Toeriste ná vulkaniese uitbarsting in Ysland ontruim

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief