Dodetal styg ná aardbewing in Afghanistan

Lees ook :

Dodetal styg ná aardbewing in Afghanistan fotokrediet: Unicef X

AFGHANISTAN. – Die dodetal ná Sondagaand se aardbewing in Afghanistan van 6.0 op die Richterskaal het tot minstens 800 gestyg. Sowat 2 500 mense is beseer en verskeie dorpies is heeltemal verwoes.

Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Reddingswerk is steeds aan die gang met reddingswerkers wat na die ramptonele met helikopters vervoer word. Paaie in die omgewing is onbegaanbaar as gevolg van grondstortings deur die aardbewing veroorsaak.

Die Taliban-regering het gesê die dodetal sal waarskynlik nog styg, omdat nog mense moontlik onder die puin vasgekeer is.

Bronne: BBC, CBS News, Sky News

Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief