Amptelike afskeidsdienste vir ontslape konstabels

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Na ’n vergadering tussen die families van die ontslape konstabels Cebekhulu Linda (24), Boipelo Senoge (24) en Keamogetswe Buys (30), Maqueen Letsoha-Matha, premier van die provinsie, en lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris, is daar besluit om die lede met amptelike begrafnisse te vereer.

Brig. Motantsi Makhele en Matshediso Setai, woordvoerder van die Vrystaatse premier, sê in ‘n gesamentlike verklaring ‘n gedenkdiens sal op Dinsdag 6 Mei in Bloemfontein gehou word. Die gedenkdiens om hulde te betoon aan die ontslape lede vir hulle diens en toewyding sal om 12:00 by Bobbiespark, Hannahstraat 2, Bloemfontein, plaasvind.

Die amptelike begrafnisse vir die drie konstabels sal op afsonderlike datums gehou word. Die spesifieke besonderhede vir elke begrafnis is soos volg:

Konstabel Boipelo Senoge
Datum: Donderdag, 8 Mei 2025
Tyd: 08:00 tot 11:00
Plek: St Peter Anglikaanse Kerk, Rocklands, Mangaung
Begraafplaas: South Park-begraafplaas

Konstabel Cebekhulu Linda
Datum: Vrydag, 9 Mei 2025
Tyd: 08:00 tot 11:00
Plek: (word nog bevestig)
Begraafplaas: Magengenene, Mangaung

Konstabel Keamogetswe Buys
Datum: Saterdag, 10 Mei 2025
Tyd: 08:00 tot 11:00
Plek: (word nog bevestig)
Begraafplaas: Thaba Nchu

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief