Beskuldigde in Likhona Fose-moord op borgtog vrygelaat

Lees ook :

Foto: GDE

GAUTENG. – Mduduzi Trevor Mnisi is deur die Roodepoort-landdroshof R5 000 borg toegestaan nadat Likhona Fose (14) se verminkte liggaam op 1 Junie in Durban Deep, Roodepoort, in ‘n oop veld aangetref is. Mnisi is in Desember 2018 op parool vrygelaat nadat hy vir poging tot moord en roof met verswarende omstandighede tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Moses Semosa, die ondersoekbeampte, het tydens die borgtogaansoek getuig ’n ooggetuie het gesien hoe die beskuldigde op 31 Mei 2025 omstreeks 16:00 saam met die oorledene na sy woning gegaan het. Mnisi het ontken dat hy die oorledene geken of vermoor het en beweer dat sy selfoonrekords sal toon hy was daardie dag in Daveyton om sy vriende ‘Fish’ en ‘Madiba’ te ontmoet. Hierdie alibi is ondersoek en sy selfoon is wel aan ’n seinpunt in Daveyton gekoppel. Mnisi het ook sy vriendin laat getuig dat hulle vanaf 19:00 daardie aand saam was en die nag saam deurgebring het, boonop dat hy nooit uit haar sig was nie. Dit is egter deur sy selfoondata weerspreek, wat aandui dat sy toestel omstreeks 20:00 aan ’n seinpunt in Kagiso gekoppel was.

Neo Lakaje, Mnisi se paroolbeampte, het ook in die hof getuig. Lakaje het bevestig dat Mnisi die voorwaardes van sy parool oortree het deur sonder toestemming buite sy jurisdiksie te beweeg, nadat sy selfoonsein aan Daveyton gekoppel is.

Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die polisie se okkulte-eenheid ondersoek die saak.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief