Dwelmlaboratoriumsaak uitgestel, tolk benodig

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die saak teen ses Mosambiekers is na ‘n vlugtige verskyning in die Standerton-landdroshof vir die beskikbaarstelling van ‘n tolk uitgestel, sodat daar vir borgtog aansoek gedoen kan word.

Lt.kol. Magonseni Nkosi sê Cardoso Missuque (36) Mandlati Beto (25) Antonio Maciya (19) Virginia Macamo (51) Justino Missuque (60) en ‘n minderjarige wat weens sy ouderdom nie geïdentifiseer kan word nie, bly tot Vrydag in aanhouding, nadat ‘n “dwelmlaboratorium” in Standerton ontdek is. Die gekombineerde geskatte waarde van chemikalieë en majinerie vir beweerde dwelmvervaardiging, wat in die verdagtes se besit gevind is, is R20 m.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits het vroeër berig die Valke het op ‘n tweede dwelmlaboratorium ter waarde van R28 m. binne ‘n week in Standerton afgekom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief