Madelein Rust (58), bekende SA-skrywer, het vanoggend na ‘n lang kankerstryd in haar slaap gesterf. Huldeblyke stroom op sosiale media in.
Ilse Salzwedel, mede-skrywer, het Rust se afsterwe in ‘n sosialemediaplasing bevestig. Rust is vyf jaar gelede met terminale beenkanker gediagnoseer.
Nadat Rust met kanker gediagnoseer is, het sy net aanhou skryf. Sy was veral bekend vir roman- en spanningsliteratuur. Die inspirerende twee boeke, Kanker Schmanker en Van Vrees Na Vrede, het sy oor haar reis met die siekte die lig laat sien. Drie moorde in die Baai is die jongste uit haar pen.
Sy word deur Jaun Rust, haar man, asook Tanya en Nico, haar kinders, oorleef.
Lees die volledige plasing hier onder:
Een van die beste mense wat ek bevoorreg was om ‘n vriendin te noem, het vanoggend rustig in haar slaap gesterf. Madelein Rust was ook die heel taaiste mens wat ek geken het. Sy is 5 jaar terug met terminale beenkanker gediagnoseer en het veral die laaste twee jaar bomenslike pyn verduur. Tog was sy ALTYD blymoedig, diep gelowig, dankbaar dat haar Vader haar nog spaar vir haar geliefde Jaun Rust en haar kinders, Tanya en Nico. Hulle was haar hele wêreld, en sy wou hulle nie alleen in hierdie wêreld los nie. Maar ek weet almal sal vir hulle uitkyk, Mads. Ons gun jou die wonderlike, pynlose Groot Rus en ek twyfel nie dat die heel beste engele gestuur is om jou te kom haal nie.
Jaun, Tanya en Nico het gevra ek moet sê dat enige iemand wat wil blomme stuur, dit eerder moet skenk aan die Westcoast Life Hospitaal in Vredenburg sodat dit uitgedeel kan word aan baie siek mense wat dit nodig het. Dit was Madelein se wens wat sy benadruk het. Onselfsugtig tot op die einde.
Dink asseblief aan hierdie drie mense wie sê wêreld vandag vir altyd onherroeplik verander het.
Daar sal 2 privaatdienste vir Mads gehou word, ook op haar versoek.
Ek glo as sy hier was, sou sy gesê het ons moenie huil nie, maar eerder die lewe en die oorvloed voorregte wat ons het, vier en geniet.
Doen dit vandag in styl, want so was sy ook: soft spoken, stylvol, altyd vrolik, selfs al wou sy knak van pyn. Eet daai sny koek, drink koffie of ‘n glas wyn saam met jou geliefdes, gee die blomme terwyl mense lewe. En trek jou mooiste klere aan!
Rus sag, Mads. Ons almal gaan jou ontsettend baie mis.
MEDIANAVRAE KAN AAN MY GERIG WORD – DIT WAS OOK MADELEIN SE VERSOEK.
Bronne: Ilse Salzwedel, Bloemfonteinse Skrywersvereniging






One Response
Thanks for your point of view. By the way, if you love
high quality size fetish videos, you should definitely check out
giantess.video. It’s the best source right now. Regards!