‘Kinderpornografieverspreiders’ se borgaansoek uitgestel

Lees ook :

Foto's: NVG en SAPD

GAUTENG. – Darryn Wilken (35) en Tiona Moodley (25), wat tereg staan op aanklagte van die verspreiding van kinderpornografie, se borgaansoek is tot 7 Februarie in die Randburg-landdroshof uitgestel.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê soos voorheen deur Nuusflits berig is, Wilken is op 17 Januarie tydens ‘n polisie-operasie by sy huis in Midrand gearresteer. Moodley, Wilken se meisie, wat ook na bewering aan die misdade gekoppel is, is op 25 Januarie in Houghton in hegtenis geneem. Beide staan op veelvuldige aanklagte – besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, oortreding van die dwelmhandelwet, geldwassery, verkryging en besit van opbrengs uit onwettige aktiwiteite, besit van gesteelde eiendom en bedrog – tereg. Internasionale wetstoepassingsowerhede het inligting met die SAPD gedeel wat tot die arrestasies gelei het.

Mjonondwane sê die staat beweer die beskuldigdes is in besit van ‘n onbekende bedrag geld aangetref, wat glo die opbrengs van onwettighede is. Ook dat ‘n ondersoek deur SECI onthul het die verdagte was na bewering die gasheer en internasionale verspreider van kinderpornografie vir finansiële gewin. Tydens die operasie het die polisie op alle elektroniese toestelle, asook meer as 10 m. foto’s en video’s van kinderpornografie, beslag gelê.

Nadat daar op Moodley se elektroniese toestelle toegeslaan is, is bevind daar is na bewering kort nadat Wilken gearresteer is ‘n poging deur haar aangewend om van bewysstukke ontslae te raak.

Senior staatsadvokaat Colleen Ryan het borg teengestaan, waarna die verdediging uitstel gevra het om ‘n antwoord op die ondersoekbeampte se beëdigde verklaring voor te berei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief