PRETORIA. – Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi sal vir nog vyf jaar as die provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal sy skoene vol staan, nadat die polisie bevestig het sy kontrak is in sy huidige pos hernu.
Brig. Athlenda Mathe, die nasionale polisiewoordvoerder, sê die besluit is geneem ná konsultasie met Thami Ntuli, die premier van KwaZulu-Natal. Meer inligting oor die heraanstelling sal op ‘n later stadium bekend gemaak word.
Genl. Fannie Masemola het volgens Mathe vir lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi sterkte toegewens en gesê sy voortgesette leierskap sal help om stabiliteit in die provinsie te verseker.





