Waldo wat in kop geskiet is, sterf

Lees ook :

Foto: Verskaf

GAUTENG. – Waldo Verwey (11) van Casseldale, Springs, wat Donderdagaand deur booswigte in die kop geskiet is en sedertdien vir sy lewe geveg het, is oorlede.

Suné Meadon het die nuus in ‘n mediaverklaring bekendgemaak. Waldo se familie het hulle dankbaarheid teenoor almal wat ondersteuning gebied het, uitgespreek. Nooddienste, mediese spanne en gemeenskapslede word vir gebede, omgee en empatie deur Waldo se familie bedank.

Die familie het vir privaatheid gevra. Begrafnisreëlings sal bekendgemaak word.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief