Zimbabwiër aangekla van gemeenskapspatrolleerders se moord

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – ‘n Zambabwiese burger (27) het Maandag op beskuldiging van ses moorde en vyf poging-tot-moordsake op gemeenskapspatrolleerders, asook roof met verswarende omstandighede, in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn. Die saak is tot vandag uitgestel.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê 12 gemeenskapspatrolleerders het op 22 Maart omstreeks 03:00 die oggend onder ‘n groep verdagtes deurgeloop. Vyf mans en ‘n vrou het gesterf – vier op die toneel en twee in ‘n hospitaal. Na bewering het die patrolleerders in die straat gesit toe hulle deur gewapende verdagtes genader is. Die verdagtes het lukraak op die patrolleerders geskiet. ‘n Patrolleerder is gewond, terwyl die ander met klippe en houtpale aangerand en daarna aan die brand gesteek is.

Mahanjana sê tydens die polisie se ondersoek is die verdagte op 24 Maart, vir ‘n afsonderlike saak, vir die beweerde besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van ammunisie en oortreding van die immigrasiewet, gearresteer. Terwyl hy in aanhouding was, is hy in ‘n uitkenningsparade uitgewys en vir moord, poging tot moord en roof aangekla.

Die sake kom vandag gesamentlik in die hof voor.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief