OOS-KAAP. – Sinovuyo Rabula (26) het vandag op twee aanklagte van die ontvoering van babas in die New Brighton-landdroshof verskyn. Dit volg nadat twee pasgebore babas glo uit die Dora Nginza-hospitaal in Gqeberha geneem is.
Luxolo Tyali, die streekwoordvoerder vir die NVG in die Oos-Kaap, sê Rabula het na bewering die hospitaal onder die valse voorwendsel van buikpyn betree, sonder magtiging toegang tot die kraamafdeling verkry en die babas daar verwyder terwyl sy voorgegee het om ‘n nuwe moeder te wees. Beide babas is die volgende dag teruggevind en Rabula is in hegtenis geneem.
Rabula sal weer op 30 Mei vir ‘n formele borgtogaansoek in die hof voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





