AfriForum soek antwoorde oor SA se brandstofreserwes

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

AfriForum het ’n Paia-aansoek ingedien om meer inligting te bekom oor Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes te midde van ’n toenemende wêreldwye energiekrisis. Met ‘n onlangse vraag aan ons lesers is daar gemeld dat die dieselprys op sommige plekke glo reeds na R28 per liter gestyg het en dat gebruikers by sommige vulstasies beperk word met die aantal liters brandstof en diesel wat aangekoop mag word, veral ook vir boere in saaityd. By sommige vulstasies mag daar ook nie in houers brandstof of diesel aangekoop word nie. Sommige vermoed brandstof en diesel word teruggehou totdat die verhoogde pryse in werking kan tree.

Ernst van Zyl sê daar is groeiende kommer dat die land moontlik net twee tot drie weke se brandstof oor het, wat aansienlik minder is as die internasionale riglyn van minstens 90 dae. Hy het ook die sogenaamde “Oilgate”-skandaal weer onder die loep geneem, waar miljoene vate olie jare gelede onder omstrede omstandighede verkoop is. Volgens Van Zyl het dié transaksie, wat later onwettig verklaar is, die land se reserwes benadeel en groot finansiële verliese veroorsaak. Hy meen die gebrek aan deursigtigheid oor huidige reserwes wek kommer. Deur die aansoek vra AfriForum onder meer vir bygewerkte syfers oor beskikbare brandstofreserwes, hoe dit oor die afgelope tien jaar verander het en waarvoor dit gebruik is. Die organisasie wil ook toegang hê tot relevante beleide, verslae en enige internasionale samewerking oor die bestuur van hierdie reserwes.

Die regering hou egter vol dat daar geen rede tot paniek is nie, maar het nog nie die volle besonderhede oor die land se brandstofvoorraad bekend gemaak nie. AfriForum het vroeër ook ’n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, gedoen om die brandstofheffing te verlaag om druk op verbruikers te verlig.

Deur middel van sy Paia-aansoek het AfriForum die volgende inligting gevra:

1. Die mees onlangse amptelike gedokumenteerde hoeveelhede van Suid-Afrika se bewese, waarskynlike en moontlike strategiese brandstofreserwes.

2. ’n Jaar tot jaar-uiteensetting van wisselinge in Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes oor die afgelope 10 jaar, insluitend enige veranderinge in klassifikasie of verslagdoeningsmetodologie.

3. ’n Jaar tot jaar- berekening van hoe Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes oor die afgelope 10 jaar gebruik is, insluitend:

  • Hoeveelhede wat jaarliks ​​vrygestel of verbruik word.
  • Die doeleindes waarvoor reserwes gebruik is (bv. strategiese voorsiening, noodgevalle, markstabilisering, verkoop of ander gebruike).
  • Enige beleide of besluite wat sodanige gebruik rig.

4. Enige interne of opdragverslae wat energiesekuriteit in verband met strategiese brandstofreserwes bespreek.

5. Inligting oor vennootskappe of samewerking met internasionale entiteite rakende die ontwikkeling van strategiese brandstofreserwes.

6. Enige beleide of raamwerke wat die openbaarmaking, klassifikasie of vertroulikheid van strategiese brandstofreserwedata beheer.

Druk hier om meer te lees.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief