Nog geen inhegtenisnemings ná ma en seun ook op N2 beroof is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie nadat Masroefa Kassen en haar seun (11) ook op 13 Desember naby die Borcherds Quarryweg-oprit op die N2 die prooi van ‘n roof was nadat hulle met ‘n pap band gaan staan het.

‘n Aanvaller het die voertuig genader en die ruit uitgeslaan. Hy het Kassen se beursie en haar seun se tas met klere gesteel voor hy hom uit die voete gemaak het. ‘n Barmhartige Samaritaan in die persoon van Brian Adonis van Athlone het die ma en seun bygestaan, die band geruil en hulle na die Nuanga-polisiekantoor vergesel.

Polisiewoordvoerder sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits ‘n saak van diefstal vanuit ‘n motorvoertuig is geregistreer. Die ondersoek na die omstandighede van die voorval is aan die gang, maar geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie. Enigiemand met relevante inligting word gevra om dit by die polisie aan te meld.

Dié voorval van ma en seun is nie enig in sy soort nie – Karin van Aardt is onlangs langs haar man in die motor met ‘n skerp voorwerp gesteek, waarna sy gesterf het. Intussen het die Stad Kaapstad bevestig ‘n veiligheidsmuur van ongeveer R180 miljoen gaan in die brandpuntgebied van die N2 opgerig word, alhoewel die N2 onder nasionale gesag val.

Bronne: SAPD en Capte Town etc.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief