Pienaar-massaskietery – nog ‘n verdagte gearresteer

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Tweede verdagte (43) is Dinsdagmiddag in Pienaar vir die skietdood van agt mense in hegtenis geneem.

Die massaskietery het Saterdagoggend vroeg by ‘n taverne in Pienaar plaasgevind. Bongani Patrick Nkosi (39), wat Maandag eerste gearresteer is, het reeds in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê tydens die tweede inhegtenisneming het die polisie op drie pistole beslag gelê. Die tweede verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief