GAUTENG. – Francois Swart (40) wat hom vanoggend (Woensdag) aan die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige en kommersiële misdaad oorhandig en daarna in die Palm Springs- kommersiële misdaadhof verskyn het, is op R10 000 borg vrygelaat.
Kol. Katlego Mogale sê die saak, wat meer as R2.1 m. behels, gaan oor potensiële toeriste wat niksvermoedend glo geld in Swart se rekening inbetaal het vir vakansies in die Maldives. Swart het die geld na bewering self gebruik.
Die saak is tot 2 April uitgestel.
Lees meer oor die ‘swendelaar’ hier onder: