Brekende Nuus
Nuus

Liggaam van 10de vroulike moord-slagoffer ontdek

Foto's: Yusuf Abramjee Make SA Safe

GAUTENG. – Die liggaam van ’n vrou is Sondag te midde van ‘n reeks moordsake van vroue in Gauteng in ‘n dam in Moroka, Soweto gevind. Dit is die tiende vroueliggaam wat die afgelope tyd ontdek is. Die liggaam van die ongeïdentifiseerde vrou, vermoedelik in haar twintigs, was in ‘n duvet toegedraai.

Kol. Dimakatso Nevhuhulvi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoekdossier is geregistreer en sê die omstandighede van die slagoffer se dood is nog onbekend. Die polisie vra die gemeenskap wat inligting oor die voorval het, of enige inligting wat met die ondersoek kan help, om na vore te kom.