Liam Payne se liggaam teruggevlieg na VK

Lees ook :

Foto: Liam Payne Facebook blad

INTERNASIONAAL. – Die liggaam van Liam Payne (31) is Woensdag deur owerhede in Argentinië aan sy familie oorhandig. Die internasionale popsensasie en voormalige sanger van One Direction het op 16 Oktober in Buenos Aires na sy dood geval.

Sy liggaam is volgens BBC Woensdag oorhandig, waarna dit na die Verenigde Koninkryk vir sy begrafnis gevlieg is. Andrés Madrea het die nuus aan BBC bevestig.

Die polise het verlede week op die Casa Sur-hotel, waar Payne gesterf het, toegeslaan weens beweringe dat personeel glo dwelms aan die sanger verkoop het voordat hy gesterf het. Daar is ook op huise toegeslaan.

‘n Nadoodse ondersoek het bevind Payne het aan bloeding en beserings deur die val veroorsaak, gesterf. Verdere nadoodse ondersoeke is ook gedoen. Die ondersoek na Payne se dood duur voort.

Bronne: The Independent, Daily Mail, BBC

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief